Tanya se spogtee

Hierdie week het ons ‘n spogtee vir Tanya gehou, sy is mal oor Marilyn Monroe en ons kon nie anders as om dit vir haar tema te kies nie.

Pragtige wit en swart materiaal lopers het die hout tafel baie mooi opgehelder en die rooi rose het perfek by die tema gepas, ek het dit afgerond met wit hout tafelmatjies met goue eetgerei.

Tanya se spogtee 1

Die sagte strikkie versierde kolwyntjies het almal se aandag getrek, asook die Belgiese sjokolades as dankie geskenkies.

Tanya se spogtee 2

Ons het Quiche en slaai bedien saam met haar Red Velvet koek, die dag is afgerond met Sugar&Eggs se Macaron toring.

Tanya se spogtee 3

Die pragtige venue se rustigheid het bygedra tot ‘n fantasiese dag wat ons afgesluit het met fotos by die pragtige Hollywood ligte.

Tanya se spogtee 4