Rooi Rose Kansa Tee 2019 – Blom in Volkleur

Elke jaar is die rooi rose CANSA The Cancer Association of South Africa Tee vir my so spesiaal, die jaar se tema was BLOM IN VOLKLEUR. Marilize Coetzee het hierdie pragtige dag vir ons vasgevang van Bambino Photography

Ons tafels het gepronk met ‘n pragtige roos goud ondertoon en pragtige helder blomme deur Love BeLoved. Daarby het Lampyridae Lights die vertrek opgehelder met hulle 1m ligte.

Elke gas het ‘n pragtige boekmerk ontwerp deur Bocci Box – Party in a Box ontvang asook ‘n pragtige boksie met tuisgemaakte koekies gevul deur Janine’s BakeryPaper_envy het die boksie afgerond met pragtige unieke papier blomme.

Blom waar jy geplant is was ons boodskap op die handgemaakte sjokolade deur Choctique Handcrafted Chocolates met ‘n pragtige omhulsels gedruk deur JAPSPrinting

Ons tee se spyseniering is gedoen deur Cocovanilla Foods wat gesorg het vir die heerlike vingerhappies en koeke. Houtborde verskaf deur Klein Begin.

Bake My Day het elke gas bederf met ‘n pragtige kolwyntjie in helder kleure met pragtige blomme, elkeen het ook ‘n pen ontvang van The Mad Hatter Plastic Warehouse.

Elke gas se boekmerkie was versier deur ProImage Cakes se ongelooflike versierde blom koekies.

Elkeen is ook huis toe met ‘n spesiale bederf vanaf SILK Somatology Studio

Baie dankie aan elkeen van ons verskaffers wat elke jaar hierdie wonderlike dag ondersteun en ‘n verkil maak.

#organizitvibes #saaimaaknverskil #teatime #rooirose #cansa