‘n Ballet Fees

Hierdie week op Makietie-makers was dit ‘n ballet fees, enige dogtertjie se droom partytjie.

Deesdae is daar asemrowende kinder meubels beskikbaar vir partytjies, ek het Tiffany stoeltjies gekombineer met nuwe stretch tafeldoeke en ipv ‘n buffet tafel het ek 3 hout plinths gebruik om die koek, cupcakes en sjokolades uit te stal.

'n Ballet Fees 1

Die pragtige papierblomme en linte het die stoeltjies opgetower.

'n Ballet Fees 2

‘n Dankie sê geskenkie is deesdae baie populer. Gebruik deursigtige sakkies gevul met jou gunstelling knubbel lekkergoed. Ek het ook gewys hoe om ‘n strootjie te maak met ‘n tutu, plaas dit in ‘n papierglasies. Pragtige vars blomme helder die tafel op saam met pragtige ligte wat #ballet uitbeeld.

'n Ballet Fees 3

Daar is so baie opsies vir koek en kolwyntjies kies jou gunsteling en maak jou eie kolwyntjie topper.

'n Ballet Fees 4

Ons het die partytjie afgesluit met ‘n ballet les deur die ballerina die dogtertjies het dit so geniet, onthou om ‘n aktiwiteit in te sluit by jou program vir die partytjie.

Volgende week deel ek weer maklike selfdoen wenke met julle. Skakel in op VIAtv elke Maandag om 17:30.