Meksikaanse 21ste verjaarsdag

Hierdie week op Makietie-makers het ons groot pret gehat met die viering van ‘n Meksikaanse 21ste verjaarsdag. Dit is so ‘n lekker kleurvolle tema kyk in jou huis rond vir dekor wat by die tema kan pas. Ek het ‘n baie kleurvolle throw gebruik op die tafel en dit opgetower met glas onderborde, pers servette en skuimpie Lollipops.

Jy kan natuurlik klomp klein botteltjies wat jy bymekaar maak en jou blomme rangskikking uitbrei met al die enkel blomme.

Ek is gek oor die helder papierblomme wat in die middel van die tafel is, dit bring ‘n ander alternatief vir die tema. Sit ook vetplante in potte by.

Kolwyntjies is altyd ‘n maklike opsie, versier jou kolwyntjies volgens die Meksikaanse tema deur die pragtige toppers te maak soos ek verduidelik het. Sit ‘n klein koek voor wat genoeg is vir jou gaste.

Een van my gusteling dekor elemente is hierdie papier tossels, dit is so maklik om aan mekaar te sit en jy kan dit vir enige tema gebruik. Jy kan ook jou eie tossels maak uit Tissue papier of dit in ‘n pakkie koop ek wys sommer weer hieronder vir julle.

Plastiek koppies is ‘n wonderlike opsie vir enige funksie, versier dit met plakkers van jou tema, vul dit met jou gunsteling drankie. Sit ‘n raam by wat jou tema uitbeeld en jy kan ‘n arrival drink stasie maak.

Lorraine het haar spesiale guacamole resep gedeel en hoe om ‘n gerookte hoender wrap op ‘n stokkie te maak. Onthou om lemmetjie sap by jou guacamole in te voeg. Skakel volgende week weer in vir my selfdoen wenke om jou geleendheid nog meer spesiaal te maak.