Makietie-makers

#afrikaans

Kom ons partytjie!

Steek gerus jou hand op as jy nie ‘n lekker partytjie geniet nie. Niemand? Wel, in Makietie- makers gooi ons nie net lekker partytjies nie, ons doen onvergeetlike partytjies… verrassingspartytjies… en ons wys jou sommer hoe om self so partytjie te beplan. In elke episode, reël aanbieder Hanna Grobler en partytjiestilis Lize Botha die perfekte partytjie vir een gelukkige persoon.

Nadat Hanna die persoon ontmoet wat iemand met ‘n partytjie wil verras en meer uitvind oor hul lewe, verdwyn ons in die ateljee om die dekor, koeke, partytjiekosse, uitnodigings, blomme en vele meer op te tower – alles wat nodig is vir daardie partytjie se tema. Soms sluit sjefs by ons aan om te help met die beplanning van alles wat te ete sal wees by die partytjie.


En die beste van alles is dat jy kan deel in die feesvieringe en in die groot oomblik! Sien hoe alles beplan en gereël word en hoe een gelukkige persoon die verrassing van hul lewe kry. Ons skep alles van ooievaarstees en kombuistees tot verjaarsdagpartytjies en herdenkingspartytjies – om die waarheid te sê, enige partytjie waaraan jy kan dink.

Skakel in vanaf 13 Mei 2019 0m 17:30 op VIAtv 147
Herhaling op Saterdae om 15:30

Bly op hoogte met ons Facebook Blad Click here