Jo Black verras vir Stefan

Ek het dit so geniet om vir Stefan hierdie “word gou gesond” partytjie te hou, dit was so lekker om saam met hom en sy vriende te kuier en dat Jo Black ons kon verras.


Jo se baard was natuurlik die inspirasie vir hierdie tema en dit was heerlik om die snorre en baarde orals op die dekor te kan gebruik.

Die koek en kolwyntjies was versier asook die springmielie koppies en drink glasies.

Die venue het bygedra tot ‘n heerlike partytjie, met pragtige fotohoekie met die groot #JO ligte.