Die Kombuistee

Makietie-makers Episode 1

DOEN DIT SELF – Kom ons partytjie!


Ek raak altyd so weggevoer met al die nuwe partytjie tendense!

Ons het ‘n asemrowende verrassings kombuistee vir Sonia beplan, hier is my selfdoen wenke van Episode 1:

Vervang jou tradisionele materiaal loper met ‘n lang loper wat afhang tot op die grond koop dit sommer by jou plaaslike materiaal winkel of huur dit by ‘n dekor verskaffer.

Probeer altyd die reël van drie dekor items toe te pas. As dit moontlik is versier jou tafel uit jou tuin uit; soos die vetplante wat ek gebruik het wat jy net weer kan gaan terugplant in jou tuin. Jy kan ook rose ewelank sny en in potjies plaas.

Die Kombuistee 1

Wanneer jy kerse by jou tafel inbring helder dit die vertrek op en dit skep sommer ook ‘n atmosfeer van “geliefd” voel. Gebruik lang kerse in blakers of ‘n “tea light” in ‘n glas potjie om jou tafel te komplimenteer.

Wees waaghalsig en beweeg weg van die tradisionele onderborde, glas helder enige tafel op, veral as jy ‘n pragtige hout tafel het. Lap servette is so “vintage” en ek is gek daaroor (veral die met gedrukte patrone); sit ‘n moderne papierblom daarby en jou tafel is in ‘n kits opgetower.


‘n Welkom bord laat gaste sommer dadelik op hulle gemak voel, sit dit in ‘n pragtige raam by die ingang of op die tafel.

Hou in gedagte dat almal wat ‘n lang pad gery het so hol kol op hulle maag het, so ‘n skuimpie sal beslis die gaatjie vul wanneer hulle sitplekke inneem.

Ek glo daaraan om altyd iets baie persoonlik op die tafel te sit, iets wat die eregas se hartsnaar sal roer. Hierdie keer het ons op ‘n boekmerk besluit wat ‘n bemoedigende bybelvers ophet.

Die Kombuistee 2



Dis altyd so spesiaal om ietsie op die tafel te sit wat gaste as ‘n dankie geskenkie saam huis toe kan neem. Ons het op 2 items besluit, eerstens ‘n kolwyntjie wat in ‘n verpakking bestel is en ons het toe ‘n persoonlike dankie kaartjie daaraan vasgemaak. Tweedens het ons die tafel afgerond met ‘n handgemaakte sjokolade in ‘n dankie omhulsul wat die tema deurtrek.

Geen tafel is volmaak sonder ‘n pragtige koek nie, die “naked cakes” is so maklik om self te maak en te versier, sit ‘n paar blomme van jou keuse by wat die tema uitwys.

Die vertrek is afgerond deur die pragtige J&S letters wat as foto hoekie gebruik is, plaas dan al die fotos op sosiale media met jou spesiale # sodat almal in die fotos kan deel.

Sien julle volgende week vir ‘n 21ste Fees.

Skakel in op VIA TV Maandae om 17:30 of vir die herhaling op Saterdae om 15:30

Al ons ontwerpe is beskikbaar op Etsy

Of jy kan ‘n partytjie in ‘n boks bestel met al jou partytjie benodighede reeds gedruk en reg vir jou partytjie.

Die Kombuistee 3