Jo Black verras vir Stefan

Ek het dit so geniet om vir Stefan hierdie "word gou gesond" partytjie te hou, dit was so lekker om saam met hom en sy vriende te kuier en dat Jo Black ons kon verras. Jo se baard was natuurlik die inspirasie vir hierdie tema en dit was heerlik om die snorre en baarde orals op die dekor te kan gebruik. Die koek en kolwyntjies was versier asook die springmielie koppies en drink glasies. Die venue het bygedra tot 'n heerlike partytjie, met pragtige fotohoekie met die groot #JO ligte.

Read More

Tanya se spogtee

Hierdie week het ons 'n spogtee vir Tanya gehou, sy is mal oor Marilyn Monroe en ons kon nie anders as om dit vir haar tema te kies nie.Pragtige wit en swart materiaal lopers het die hout tafel baie mooi opgehelder en die rooi rose het perfek by die tema gepas, ek het dit afgerond met wit hout tafelmatjies met goue eetgerei. Die sagte strikkie versierde kolwyntjies het almal se aandag getrek, asook die Belgiese sjokolades as dankie geskenkies. Ons het Quiche en slaai bedien saam met haar Red Velvet koek, die dag is afgerond met Sugar&Eggs se Macaron toring....

Read More

‘n Ballet Fees

Hierdie week op Makietie-makers was dit ‘n ballet fees, enige dogtertjie se droom partytjie. Deesdae is daar asemrowende kinder meubels beskikbaar vir partytjies, ek het Tiffany stoeltjies gekombineer met nuwe stretch tafeldoeke en ipv ‘n buffet tafel het ek 3 hout plinths gebruik om die koek, cupcakes en sjokolades uit te stal. Die pragtige papierblomme en linte het die stoeltjies opgetower. ‘n Dankie sê geskenkie is deesdae baie populer. Gebruik deursigtige sakkies gevul met jou gunstelling knubbel lekkergoed. Ek het ook gewys hoe om ‘n strootjie te maak met ‘n tutu, plaas dit in ‘n papierglasies. Pragtige vars blomme helder...

Read More

Meksikaanse 21ste verjaarsdag

Hierdie week op Makietie-makers het ons groot pret gehat met die viering van ‘n Meksikaanse 21ste verjaarsdag. Dit is so ‘n lekker kleurvolle tema kyk in jou huis rond vir dekor wat by die tema kan pas. Ek het ‘n baie kleurvolle throw gebruik op die tafel en dit opgetower met glas onderborde, pers servette en skuimpie Lollipops. Jy kan natuurlik klomp klein botteltjies wat jy bymekaar maak en jou blomme rangskikking uitbrei met al die enkel blomme. Ek is gek oor die helder papierblomme wat in die middel van die tafel is, dit bring ‘n ander alternatief vir die...

Read More

Die Kombuistee

Makietie-makers Episode 1 DOEN DIT SELF - Kom ons partytjie! Ek raak altyd so weggevoer met al die nuwe partytjie tendense!Ons het 'n asemrowende verrassings kombuistee vir Sonia beplan, hier is my selfdoen wenke van Episode 1:Vervang jou tradisionele materiaal loper met 'n lang loper wat afhang tot op die grond koop dit sommer by jou plaaslike materiaal winkel of huur dit by 'n dekor verskaffer. Probeer altyd die reël van drie dekor items toe te pas. As dit moontlik is versier jou tafel uit jou tuin uit; soos die vetplante wat ek gebruik het wat jy net weer kan...

Read More