Jo Black verras vir Stefan

Jo Black verras vir Stefan 1

Ek het dit so geniet om vir Stefan hierdie "word gou gesond" partytjie te hou, dit was so lekker om saam met hom en sy vriende te kuier en dat Jo Black ons kon verras. Jo se baard was natuurlik die inspirasie vir hierdie tema en dit was heerlik om die snorre en baarde orals op die dekor te kan gebruik. Die koek en kolwyntjies was versier asook die springmielie koppies en drink glasies. Die venue het bygedra tot 'n heerlike partytjie, met pragtige fotohoekie met die groot #JO ligte.

Read More

Tanya se spogtee

Tanya se spogtee 2

Hierdie week het ons 'n spogtee vir Tanya gehou, sy is mal oor Marilyn Monroe en ons kon nie anders as om dit vir haar tema te kies nie.Pragtige wit en swart materiaal lopers het die hout tafel baie mooi opgehelder en die rooi rose het perfek by die tema gepas, ek het dit afgerond met wit hout tafelmatjies met goue eetgerei. Die sagte strikkie versierde kolwyntjies het almal se aandag getrek, asook die Belgiese sjokolades as dankie geskenkies. Ons het Quiche en slaai bedien saam met haar Red Velvet koek, die dag is afgerond met Sugar&Eggs se Macaron toring....

Read More

‘n Ballet Fees

'n Ballet Fees 3

Hierdie week op Makietie-makers was dit ‘n ballet fees, enige dogtertjie se droom partytjie. Deesdae is daar asemrowende kinder meubels beskikbaar vir partytjies, ek het Tiffany stoeltjies gekombineer met nuwe stretch tafeldoeke en ipv ‘n buffet tafel het ek 3 hout plinths gebruik om die koek, cupcakes en sjokolades uit te stal. Die pragtige papierblomme en linte het die stoeltjies opgetower. ‘n Dankie sê geskenkie is deesdae baie populer. Gebruik deursigtige sakkies gevul met jou gunstelling knubbel lekkergoed. Ek het ook gewys hoe om ‘n strootjie te maak met ‘n tutu, plaas dit in ‘n papierglasies. Pragtige vars blomme helder...

Read More

Meksikaanse 21ste verjaarsdag

Meksikaanse 21ste verjaarsdag 4

Hierdie week op Makietie-makers het ons groot pret gehat met die viering van ‘n Meksikaanse 21ste verjaarsdag. Dit is so ‘n lekker kleurvolle tema kyk in jou huis rond vir dekor wat by die tema kan pas. Ek het ‘n baie kleurvolle throw gebruik op die tafel en dit opgetower met glas onderborde, pers servette en skuimpie Lollipops. Jy kan natuurlik klomp klein botteltjies wat jy bymekaar maak en jou blomme rangskikking uitbrei met al die enkel blomme. Ek is gek oor die helder papierblomme wat in die middel van die tafel is, dit bring ‘n ander alternatief vir die...

Read More

Die Kombuistee

Die Kombuistee 5

Makietie-makers Episode 1 DOEN DIT SELF - Kom ons partytjie! Ek raak altyd so weggevoer met al die nuwe partytjie tendense!Ons het 'n asemrowende verrassings kombuistee vir Sonia beplan, hier is my selfdoen wenke van Episode 1:Vervang jou tradisionele materiaal loper met 'n lang loper wat afhang tot op die grond koop dit sommer by jou plaaslike materiaal winkel of huur dit by 'n dekor verskaffer. Probeer altyd die reël van drie dekor items toe te pas. As dit moontlik is versier jou tafel uit jou tuin uit; soos die vetplante wat ek gebruik het wat jy net weer kan...

Read More

Be #mindful #healthyliving

Be #mindful #healthyliving 6

#mindful #healthyliving #organizitvibes Hierdie aanhaling raak my elke keer so diep omdat dit so wonderlik beskryf dat ons moet bedag wees vir wat ons inneem, op so baie verkillende areas, nie net beinvloed die kos wat jy inneem jou liggaam nie maar ook die mense in wie se sirkels jy beweeg, dit waarmee jy jou denke besig hou asook dit wat jy lees en na luister.Die impak daarvan is so wyd verpreid en ons vergeet dikwels daarvan - emosioneel, fisies en ook spiritueel. Ons beinvloed elke dag ander mense deur ons optredes en daarvoor moet ons nadink oor watter gevoel...

Read More

#Kansa tee Rooi Rose 2018

Rooi Rose Kansa tee

Dit was weer tyd vir die jaarlikse ROOI ROSE KANSA-tee in Pretoria. Organizit het die voorreg gehat om die VIP tafels te versier vir die prag geleendheid met die tema InSPARasie. Daniella van Heerder het as Seremoniemeester opgetree, Marnus Broodryk was een van die gassprekers saam met Simone Nortmann. Daarna het Jay en Franja almal vermaak met hulle nuutste snitte. Ons het dit goed gedink om die team se kleure so effe donkerder te maak saam met die groen en het dit afgesluit met hout elemente.  Choctique en Bake my day het vir elke gas ‘n spesiale herdenking gelos om...

Read More

#FEES vir Die Groot ontbyt se derde verjaarsdag

Groot ontbyt verjaar

Organizit het Die Groot Ontbyt se derde verjaarsdag saam met hulle gevier op 10 Augustus, en dit was omtrent ‘n #FEES Lize Botha het die voorreg gehat om oor Organizit te gesels op Die Groot Ontbyt se oggend program en GrootFM.  Elsa Esterhuizen Hendri Myburgh en Francois Botha was deel van die span wat meer wou weet oor wat Organizit alles vir hierdie #FEES voorberei het. https://youtu.be/LVVgiTHcMGg Hoe werk jou kreatiewe proses i.t.v. idees wanneer ‘n kliënt jou kontak om ‘n funksie te stileer? Wanneer ‘n klient of besigheid Organizit kontak het hulle gewoondlik reeds ‘n visie of doel ingedagte...

Read More

Elegante Ooievaars Babatee vir Hanna Grobler en Bok van Blerk

baby shower ideas

Musiek legende Bok van Blerk en sy vrou Aktrise Hanna Globler, het ‘n pragtige wonderwerk dogtertjie ryker geword op 31 Mei 2018. Hanna het die mooiste Instagram post gedoen waarin sy uitgelig het dat haar beste vriendin vandag gebore is #todaymybestfriendwasborn met ‘n prag foto van haar. Organizit is genader om vir Hanna ‘n elegante babatee tee nagereg tafel te stilleer, om hierdie wonderwerk van hulle te verwelkom. Met die nuwe waterverf tegniek wat in die mode is was ek so opgewonde om dit te kombineer met die hasies wat sy graag as tema wou inbring. Die resultaat was ‘n...

Read More

Organizit – Lize Botha – Your guide to throwing the best party!

Organizit - Lize Botha - Your guide to throwing the best party! 7

Sometimes you just need to throw a great party! There's nothing like hosting and seeing all your friends together in the same place. But, not sure where to start? Organizit is here to help! SA life Mag caught up with Organizit owner, Lize Botha, and got all the information you need, when planning your next big dinner club, kids birthday party, engagement celebration or wedding anniversary. Read more online here: https://www.salifemag.com/single-post/2018/05/22/Organizit-%E2%80%93-your-guide-to-throwing-the-best-party

Read More