#FEES vir Die Groot ontbyt se derde verjaarsdag

Organizit het Die Groot Ontbyt se derde verjaarsdag saam met hulle gevier op 10 Augustus, en dit was omtrent ‘n #FEES Lize Botha het die voorreg gehat om oor Organizit te gesels op Die Groot Ontbyt se oggend program en GrootFM.  Elsa Esterhuizen Hendri Myburgh en Francois Botha was deel van die span wat meer wou weet oor wat Organizit alles vir hierdie #FEES voorberei het.

Hoe werk jou kreatiewe proses i.t.v. idees wanneer ‘n kliënt jou kontak om ‘n funksie te stileer?

Wanneer ‘n klient of besigheid Organizit kontak het hulle gewoondlik reeds ‘n visie of doel ingedagte en indien nie gebruik Organizit die venue, boodskap wat uitgedra wil word ens as inpirasie vir die geleendheid sodat daar altyd ‘n baie persoonlike aanslag is op elke funksie

Hoe verskil jou aanslag met ‘n verjaarsdagpartytjie tot ‘n korporatiewe funksie?

‘n Verjaarsdag partytjie is ‘n baie persoonlike geleendheid omdat jy in jou klient se onmiddelike omgewing bloodgestel word, waar ‘n korporatiewe funksie fokus op ‘n boodskap wat uitgedra word soos Ons is 3!

Wat is die nuutste modes / giere i.t.v. partytjies / funksies?

Ons het defnitief wegbeweeg van die tradisionele partytjie tafel wat oorlaai was met lekkergoed. Mammas is baie meer ingestel op gesonder opsies en ook op LESS IS MORE, soos hierdie hout pilare van It’s my party wat die eetgoed kan beperk, daarom word lee boksies nou gegee dat elke gas hulle eie pakkie kan pak. Die A-Raam van It’s my party is ook ‘n baie gewilde opsie vir ‘n welkom drankie stasie.

Om nie eens te praat van die boutique klein weergawes van die gewilde trou stoele wat nou beskikbaar is om die kinders se partytjies baie meer gewild te maak.

Ek is so opgewonde oor die feit dat balonne so ‘n masiewe terugkoms gehat het en dit dat daar nou so baie opsies is soos hierdie fantastiese 1m bree balonne van Balloon Design Academy en die ongelooflike struktuur in enige nommer soos vandag se 3.

Die asemrowende ligte van Lamparidye Lights gee jou die geleendheid om jou eie # te kies vir jou funksies soos wat ons vandag #FEES gekies het. Al jou gaste kan dan die # gebruik om alle fotos te tag en dit is ‘n baie persoonlike manier om jou funksie uniek te hou.

Wat het jy vanoggend vir ons voorberei?

Bake my day het hierdie ongelooflike koek en cupcakes vir ons gedoen

Daar sal beslis nie ‘n Organizit geleendheid kan wees sonder Sugar&eggs se skuimpies en macaroons nie.

Choctique het die handgemaakte Belgiese sjokolade vir ons gemaak met die persoonlike omhulsel.

Organizit het bekers met ‘n cappachino en ‘n beskuidjie vir elke gas op die stander geplaas met ‘n lemoensap en ‘n ekstra boksie vir iemand wat ietsie wil wegneem.

Baie dankie aan Die groot ontbyt se Inhoudsbestuurder Izaan Steenkamp dat Organizit weereens kon deel in julle vreugde en hierdie #FEES

Leer meer oor Organizit en Lize Botha op www.organizit.co.za of as jy ‘n kwotasie benodig kontak gerus info@organizit.co.za