Elegante Ooievaars Babatee vir Hanna Grobler en Bok van Blerk

Musiek legende Bok van Blerk en sy vrou Aktrise Hanna Globler, het ‘n pragtige wonderwerk dogtertjie ryker geword op 31 Mei 2018. Hanna het die mooiste Instagram post gedoen waarin sy uitgelig het dat haar beste vriendin vandag gebore is #todaymybestfriendwasborn met ‘n prag foto van haar.

Organizit is genader om vir Hanna ‘n elegante babatee tee nagereg tafel te stilleer, om hierdie wonderwerk van hulle te verwelkom. Met die nuwe waterverf tegniek wat in die mode is was ek so opgewonde om dit te kombineer met die hasies wat sy graag as tema wou inbring.

Die resultaat was ‘n pragtige waterverf blomme tema met waterverf hasies en sagte wit om die tema te komplimenteer. Die vertrek is opgehelder met pragtige wit vlaggies van hulle troue.

 

 

Simone Venter photography het hierdie spesiale dag vir ons vasgevang, ons wou graag dat die kinders ook in hulle vreugde deel, daarom het ek hulle bederf met spesiale eetgoedjies in pragtige boksies.

Die gaste was mal oor ons nuwe treffer “Cupcake in a jar” spesiaal gebak deur Bake my day saam met die asemrowende tweelaag koek met die ongelooflike suiker werk hasie en blommetjies.

Ek kan beslis nie ‘n nagereg tafel bymekaar sit sonder Sugar en eggs se asemrowende skuimpies nie, dit is so onvergeetbare treffer by enige geleendheid.

Ek het die tafel afgerond met ‘n tikkie roosgoud, glas elemente en die pragtige porselein hasies van RFF.  Baie dankie aan JAPS Printing wat altyd lewe bring aan al my idees en drukwerk.

Baie dankie aan Bok en Hanna dat ons weereens in julle vreugde kon deel, en saam met julle pragtige herhinneringe kon skep dis vir ons ‘n groot voorreg.

Organizit het selfdoen opsies beskikbaar op ons webwerf in die aanlyn winkel, loer gerus ook na die gratis dokumente beskikbaar asook ons nuutste babatee tema.

Verskaffers:

Koek en “Cupcake in a Jar” – Bake my day
Fotografie – Simone Venter Fotografie
Skuimpies – Sugar&Eggs
Ontwerp en Drukwerk – Japs
Stilleering, Kinderpakkies, Dekor – Organizit Party Styling